‘Enigiets moontlik’ ná sege oor Dene
2010-06-07 11:40
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Bafana Bafana se merkwaardige ommekeer is bewys dat enigiets haalbaar is – selfs Wêreldbekerglorie.
Só het Carlos Alberto Parreira, die afrigter van die Suid-Afrikaanse sokkerspan, en sy regterhand, Pitso Mosimane, gesê nadat dié span sy voorbereiding vir WB 2010 met ’n sege van 1-0 oor die hoog aangeskrewe Denemarke afgesluit het.
Bafana is nou in 13 agtereenvolgende wedstryde onoorwonne sedert Parreira in November 2009 by sy Brasiliaanse landgenoot Joel Santana oorgeneem het.
“Ek is só trots op dié span. Toe ek aangestel is, het ek belowe om die land trots te maak en die spelers het dít reeds reggekry,” het Parreira ná die stryd in Atteridgeville buite Pretoria gesê.
“Ons gaan aanhou om dit te doen en dié wedstryd is bewys daarvan dat ons kan uitsien na Mexiko (Vrydag in Soweto) en die res van die toernooi.
Ek belowe nie dat ons die Wêreldbeker gaan wen nie, maar sodra ons die tweede ronde haal, word elke kragmeting ’n uitklopwedstryd en dán is enigiets moontlik.”
Drie maande gelede was dit haas ondenkbaar dat Parreira-hulle ’n kans sou hê om die tweede ronde te haal, want die Mexikane, Frankryk én Uruguay wag in Groep A.
“Die spelers het hul toewyding bewys deur in te koop by my plan vir die toernooi. Dit is om die bal op die grond te hou eerder as om dit in die lug te speel, meer besit te verseker en 100% wedstrydfiks te wees.”
Volgens Mosimane, een van die gunstelinge om ná die toernooi by Parreira oor te neem, was die Deense wedstryd Bafana se moeilikste toets nog, maar een wat dié span met vlieënde vaandels geslaag het.
“Ons kan nie bekostig om meegevoer te raak nie, aangesien Mexiko ’n heel ander storie gaan wees.”
“Hulle is ’n ongelooflike span en het ’n duidelike waarskuwing aan ons gerig teen Italië. Ons ag hulle, maar vrees hulle (Mexiko) nie,” het Mosimane gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.