Engelse WB-span land in SA
2010-06-03 11:11
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Engeland se nasionale sokkerspan het Donderdagoggend op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg geland as een van die gunstelingspanne om die kroon in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi te dra.
Die reuse doelskieter, Peter Crouch en middelveldspelers, Gareth Barry, Frank Lampard en Steven Gerrard was van die eerste spelers wat hul verskyning uit die vliegtuig gemaak het.
Die vlug vanaf Londen het sowat 30 minute voor geskeduleerde tyd geland.
Engeland se breier, Fabio Capello, het joernaliste vlugtig by die lughawe toegespreek toe hy gesê het: “Ek hoop die Wêreldbeker sal ‘n groot sukses vir Suid-Afrika sowel as vir my span wees. Dankie, dis goed om hier te wees.”
Capello en sy spelers was uitgevat in liggrys pakke.
Engeland kom in hul eerste groepwedstryd op 12 Junie in die Royal Bafokeng-stadion teen Amerika te staan. Dié twee spanne se enigste ander ontmoeting in 'n Wêreldbeker-sokkertoernooi, was 60 jaar gelede toe die Amerikaners 'n skok oorwinning van 1-0 teen die Engelse behaal het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA