'Druk' op Madiba voor WB-afsluiting
2010-07-11 15:09
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Londen - Nelson Mandela se familie beweer dat Fifa "uiters baie druk" op Suid-Afrika se voormalige president plaas om die Wêreldbeker-eindstryd by te woon.
Die 91-jarige ikoon het 'n lae profiel gehandhaaf tydens die maand lange toernooi, en het nie die opening op 11 Junie bygewoon nie omdat sy agterkleindogter kort voor die eerste wedstryd oorlede is.
Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het aan BBC Radio gesê die familie "is onder geweldige druk van Fifa, wat graag wil hê dat my oupa by die eindstryd moet wees".
Die eindstryd, tussen Spanje en Nederland, vind Sondag by Soccer City in Johannesburg plaas.
Mandla het bygevoeg dat Fifa moet "verstaan dat ons 'n verlies gely het in die familie en dat ons in rou is; dit alleen is vir my genoeg rede om die familie in vrede te laat."
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA