2010

D-dag vir Bafana

2010-03-31 08:37
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Timothy Molobi

Asuncion - Bafana Bafana se oomblik van waarheid breek vanaand (Woensdag) hier aan wanneer hulle teen Paraguay te staan kom in die laaste kragmeting op hul Suid-Amerikaanse oefenkamp.

En volgens die Suid-Afrikaanse sokkerspan se afrigter, Carlos Alberto Parreira, wag ’n leeukuil. “Die atmosfeer gaan intimiderend wees, maar ons huiswerk is gedoen en ons weet wat om te verwag.

“Natuurlik wil ons wen, maar die uitslag is nie so belangrik nie. Dis steeds ’n oefenwedstryd en ons wil sien hoe ver ons die laaste paar weke gevorder het en waarop ons nog moet verbeter.”

Dié breier het vandeesweek gesê hy weet reeds wie in sy Wêreldbeker-groep van 23 gaan wees, maar dat ’n uithaler-vertoning vanaand ’n verrassing kan lewer.

Volgens Matthew Booth, Bafana-verdediger, wil die spelers Parreira se taak so moeilik moontlik maak.

“Almal weet dis ons laaste kans om die afrigter te oorreed en dit sal boonop nie maklik wees nie, aangesien Paraguay oorgehaal is om sy laaste nederlaag teen ons te wreek,” het Booth gesê.

Bafana het tot dusver beïndruk deur ses van hul agt oefenwedstryde teen plaaslike klubspanne te wen, maar die Suid-Amerikaners sal die bordjies wil verhang nadat hulle twee jaar gelede met 0-3 teen die Suid-Afrikaners verloor het.

Twee van die doelskieters in dié wedstryd, Siphiwe Tshabalala en Surprise Moriri, sal weer in aksie wees en Parreira sal straks sy WB 2010-kaarte speel deur die sterkste moontlike beginspan te kies.

Intussen beplan Geraldo Martino, Paraguay-afrigter, om versigtigheid oorboord te gooi.

Kickoff.com berig dat Martino Bafana vanuit die staanspoor met drie doeskieters wil pak, maar dat hy nog moet kies tussen Red Rodrigo, Nestor Ortigo, Rodolfo Gamarra, Nestor Ayala, Hernán Perez en Marcelo Estigarribia.

Bafana se span behoort só te lyk:
Itumeleng Khune, Siboniso Gaxa, Bongani Khumalo, Siyabonga Sangweni, Lucas Thwala, Thanduyise Khuboni, Lance Davids, Teko Modise, Siphiwe Tshabalala, Surprise Moriri, Katlego Mphela.

- Sport24

Lees meer oor: 2010  |  sokker  |  bafana bafana

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.8 Turbo MY99
2001
R 85,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2003
R 45,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.