2010

Clinton prys Zuma oor WB-toernooi

2010-06-24 10:27
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Sarel van der Walt, Beeld

Gauteng - Die sokkergogga het hom gebyt, het oudpres. Bill Clinton van die VSA Woensdagmiddag aan pres. Jacob Zuma gesê voordat hy die Amerikaanse span in sy wedstryd teen Algerië op Loftus Vers­feld gaan ondersteun het.

“Ek het al heelparty van die WB-wedstryde op televisie gekyk. Julle bied die toernooi baie goed aan,” het Clinton op die trappies by die voordeur van Mahlamba Ndlopfu, Zuma se ampswoning, gesê.

Hy het ’n welwillendheidsbesoek aan Zuma gebring.

“Voordat ek hierheen gekom het, was ek in Tanzanië en het ook daar op TV na van die wedstryde gekyk. Voor dit was ek ook in Argentinië, waar daar ’n wonderlike sokkeratmosfeer is,” het Clinton gesê.

“Van my vriende is al die hele toernooi lank hier en hulle het ’n fees.”

Sy vrou, Hillary, is die huidige Amerikaanse minister van buitelandse sake.

Die voormalige Amerikaanse president het toegegee hy het eers van sokker geleer toe sy dogter Chelsea as vyfjarige saam met seuntjies en meisies begin sokker speel het.

“Al is jou verdediging ook hoe goed, daar is altyd iemand wat iets onvoorspelbaar doen,” het Clinton gesê.

Hy is baie tevrede met die Amerikaners se vertoning in die eerste twee wedstryde, het die 42ste Amerikaanse president gesê.

Clinton (63), wat op die oog af oud geword het, sal in die naweek ook Fortune, Time en CNN se elfde Global Forum in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum bywoon.

Zuma het gesê nadat die Amerikaners verlede jaar die eindstryd van die Konfederasiebeker-toernooi in Suid-Afrika gehaal het, het die sokkerwêreld begin besef hulle kan nie meer onderskat word nie.

Met verwysing na Bafana Bafana het Zuma gesê al is Bafana uitgeskakel, het die span met sy goeie vertonings die wêreld van hom laat kennis neem.

Toe ’n joernalis aan Zuma gevra het of “enige ander vooraanstaande Amerikaners” ook die toernooi sal bywoon, het die president met ’n glimlag geantwoord: “Ek weet na wie jy verwys. Toe ek pres. Barack Obama in Washington gesien het, het hy gesê as die Amerikaanse span die eindstryd haal, sal hy kom.”

Hierop het Clinton met ’n vonkel in die oog bygevoeg: “Dan gaan daar ’n miljoen Amerikaners hierheen kom!” 

- Beeld

Lees meer oor: sokker  |  2010  |  bill clinton  |  jacob zuma

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.