2010

Boere vir Bafana

2010-06-22 07:16
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Charles Smith en Karen Ebersohn, Die Burger

Bloemfontein - Die boere van Suid-Afrika steun Bafana Bafana deur dik en dun – ongeag wat gebeur.

Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou (VL), het ’n passievolle beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om vas te klou aan die nuwe gees van patriotisme wat met die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die land posgevat het.

Die boere van die land is in gees met die Suid-Afrikaanse span – en sal veg om hierdie nuwe gees te laat voortleef ter wille van die land.

Bafana is Dinsdagmiddag in hul laaste groepwedstryd teen Frankryk hier in ’n oorlewingstryd gewikkel.

Steytler het gesê Bafana Bafana se loesing van 3-0 teen Uruguay is “hoegenaamd nie” die einde van die tweede herlewing van Suid-Afrika se reënboog-ideaal nie.

“Die hoogtepunt van Suid-Afrika die laaste paar weke was nie die moord op en begrafnis van Eugène Terre’Blanche of Julius Malema wat die voorgrond betree het en die middelgrond van die stem van redelikheid in die land oorheers het nie.

“Ons moes gekonsentreer het op die 50 000 Blou Bul-ondersteuners wat in Soweto gaan rugby kyk het en die massiewe samewerking wat bewerkstellig is onder al die volkere in hierdie land met die ondersteuning van die WB-toernooi en Bafana Bafana.”

Die onmin en probleme in die Franse kamp kan in die tuisspan se guns stel. Die doelskieter Nicolas Anelka is die naweek huis toe gestuur nadat hy Raymond Domenech, die afrigter, glo tydens hul laaste wedstryd gevloek het.

Domenech is Maandagaand op ’n nuuskonferensie, wat deur 300 joernaliste bygewoon is, gepeper met vrae. Hy moes ook kwaai verduidelik oor die afwesigheid van die kaptein, Patrice Evra, wat nie soos gewoonlik met die laaste nuuskonferensie voor wedstryde aan sy sy was nie. Daar word nou ook gewonder of die kaptein vandag gaan speel. Daar is ook vrae of hy nog die kaptein gaan wees ná sy betrokkenheid by die drama agter die skerms.

Daar is ook aan die afrigter gevra of die spelers nog na hom luister en of daar spelers is wat nié wil speel nie.

Domenech het die spelers wat in opstand was, gevra om hul blufspel te laat staan en gepleit om nie so op te tree nie, “dit ondenkbaar dom van hulle is” en dat dit as ’n misstap beskou word.

Die Franse is ook hard op die vingers getik deur dié land se minister van sport, Roselyne Bachelot-Narquin. Sy het ’n vergadering met dié span gehou oor die “absolute verleentheid en skande” wat die span wêreldwyd veroorsaak het.

Bachelot-Narquin het om 21:00 ’n nood-nuuskonferensie gehou, wat deur sowat 150 joernaliste bygewoon is.

Bachelot-Narquin sou reeds gister na Frankryk teruggekeer het. Pres. Nicolas Sarkozy het haar egter opdrag gegee om met die span te kom praat.

Afskoptyd

16:00: Suid-Afrika t Frankryk, Bloemfontein (SABC 1, SS 3).

Die Wonderwerk:

Suid-Afrika het vanmiddag ’n klein wonderwerkie nodig. As hy nie die eerste gasheerland wil word wat nie die tweede ronde haal nie, moet die volgende gebeur:

    * Bafana Bafana móét die Franse met minstens drie doele klop.

    * Om Suid-Afrika te help, moet Uruguay vir Mexiko met 2-0 klop, of Mexiko moet Uruguay 3-0 klop.

As Uruguay en Mexiko egter gelykop eindig, sal hulle deurdring met vyf punte elk.

- Die Burger

Lees meer oor: 2010  |  sport  |  bafana bafana  |  sokker

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.