Bloem gereed vir Bafana-stryd
2010-06-22 14:20
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Bloemfontein – Paaie rondom die Vrystaat-stadion in Bloemfontein is reeds vroeg Dinsdagoggend gesluit vir verkeer, voor die kragmeting tussen Bafana Bafana en Frankryk.
Alhoewel daar teen Dinsdagoggend nog min sokker-ondersteuners naby die stadion was, het ‘n golf van geel en groen deur die res van die stad gespoel.
Die eerste van 120 busse vol ondersteuners sal na verwagting teen 13:00 opdaag.
Die Bloemfontein-lughawe het ook ‘n toename in besoekers verwag voor die belangrike wedstryd vir Bafana Bafana.
Meer as 60 vliegtuie, meeste gevul met sokkergeesdriftiges, sal na verwagting Dinsdag gebruik maak van Bloemfontein se relatiewe klein lughawe.
“Ons sal volstoom aan die gang wees vanaf 10:00 tot 22:00,” het Johan Scholtz, lughawe-bestuurder, gesê.
Beide Frankryk en Bafana het elk een punt en benodig ‘n wonderwerk om deur te dring na die volgende ronde.
Mexico en Uruguay, wat in dieselfde groep is, het elkeen vier punte. Indien hierdie twee spanne Dinsdag gelykop speel sal die Bafana/Frankryk-wedstryd niks beteken nie.
Die Franse sokkerspan is die afgelope week in kontroversie gehul nadat hulle spelers geweier het om aan oefening deel te neem toe Nicolas Anelka die trekpas gekry het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA