Beserings knou Uruguay
2010-07-03 19:42
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Uruguay se middelveldspeler Nicolas Lodeiro wie se regtervoet beseer is, sal Dinsdag se wedstryd teen Nederland van die kantlyn moet kyk.
Die verdediger en kaptein Diego Lugano, wie se regterenkel beseer is, sal ook dalk die halfeindstryd in Kaapstad misloop.
Mediese personeel het Saterdag gesê die verdediger Jorge Ciro Fucile word gemonitor ná hy in die wedstryd teen Ghana geval het, maar hy gaan in elk geval die wedstryd teen Nederland misloop ná hy geskors is.
"Hy is ok. Hy het 'n skudding opgedoen ná hy sy kop, nek en skouer gekap het, maar hy het nie sy bewussyn verloor nie. Ons moet egter omsien na sy gesondheid, " het Alberto Pan, die spandokter, gesê.
Die doelskieter Luis Suarez sal ook die wedstryd misloop ná hy geskors is.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AFP