2010

Belastingbetalers dok op vir hooggeplaastes se WB-kaartjies

2010-06-15 07:22
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Lizel Steenkamp

Kaapstad – Die sokker-soustrein loop lekker en op volspoed.

Dit het Maandag aan die lig gekom beleggers, hooggeplaastes en staatsamptenare word op WB 2010-kaartjies getrakteer waarvoor belastingbetalers al R10,9 miljoen opgedok het.

Vyf staatsdepartemente het in antwoord op geskrewe parlementêre vrae van die DA onthul hulle het 3 321 kaartjies vir verskeie wedstryde bekom, meestal om belangrike besoekers te bederf en as ’n blyk van waardering aan hardwerkende amptenare.

Volgens Tim Harris, DA-LP, is dit onaanvaarbaar – “veral as ’n mens in ag neem dat duisende Suid-Afrikaners die kaartjies nie kan bekostig nie of dit nie in die hande kon kry nie”.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Maandag bevestig sy departement het meer as 320 kaartjies ter waarde van R4,7 miljoen gekoop om belangrike buitelandse en plaaslike sakelui te trakteer.

“Die toernooi bied die ideale geleentheid om met beleggers te skakel en beleggingsmoontlikhede te bemark.”

Boonop het Davies, sy adjunk en senior amptenare ook ’n “paar kaartjies” gekry om die “baie belangrike persone” na wedstryde te vergesel.

Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, het ook bevestig SA Toerisme het 180 kaartjies teen R919 000 gekoop.

Tot 80 kaartjies is vir “internasionale media, rolspelers en strategiese vennote” en die res is vir amptenare van SA Toerisme “wat drie jaar lank aan dié projek gewerk het”.

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het gesê haar departement het tien kaartjies teen R25 200 gekoop om uitmuntende werknemers te beloon.

Voorts het die departement van kommunikasie en van staatsdiens en administrasie verlede week in antwoord op parlementêre vrae van die DA gesê ook hulle het onderskeidelik R5,2 miljoen (2 800 kaartjies) en R65 400 (25 kaartjies) bestee.

Die volle omvang van die groot bederf sal waarskynlik eers bekend wees wanneer die ouditeur-generaal sy ouditverslae vir die 2009-’10-boekjaar afgehandel het.

Dit kan nare nagevolge inhou vir die rekenpligtige beamptes wat dit goedgekeur het.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het munisipaliteite onlangs in ’n omsendbrief gewaarsku die aankoop van sokkerkaartjies met belastingbetalers se geld kan ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur neerkom op finansiële wanbestuur en onregmatige en nuttelose besteding.

Dit is ook strydig met die gedrags­kode vir staatsamptenare.

Gordhan het Harris verlede week in ’n brief verseker hoewel die omsendbrief nie ook aan nasionale en provinsiale departemente en staatsondernemings gestuur is nie, dieselfde reëls vir hulle geld.
 

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  2010  |  kaartjies

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.