Bafana verras wéér met oorwinning
2010-05-27 23:20
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Soweto - Bafana Bafana het Donderdagaand, slegs twee weke voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi aanbreek, vir Colombia met ’n telling van 2-1 gedurende ’n vriendskaplike wedstryd geklop.
Dié Suid-Afrikaanse sokkerspan het hulle teenstanders, wat tans 34ste op die wêreld-ranglys pronk, voor ‘n skare van 75 000 toeskouers by die nuwe Soccer City-stadion verras.
Dit is ook by dié stadion waar Bafana Bafana die Wêreldbeker op 11 Junie teen Mexiko sal afskop.
Dit is Bafana Bafana se tiende onoorwonne wedstryd onder hulle nuwe afrigter, Carlos Alberto Parreira.
Al twee doele was strafskoppe gewees.
Alhoewel die Suid-Afrikaanse span ‘n moeilike eerste 45 minute beleef het, het hulle met mening teruggeveg en gewys hulle is reg vir die Wêreldbeker.
-Sapa