2010

Bafana se Everest

2009-12-27 13:51
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Jaco van der Merwe

jaco.vdmerwe@sport24.co.za

Kaapstad - Ná ses jaar se afwagting op 2010 is Suid-Afrika meer gereed om die Wêreld­beker-sokkertoernooi aan te bied as om self daarin te speel.

Teen die tyd dat die verf binnekort in al tien die spogsta­dions droog is, gaan Bafana Bafana steeds nie 11 spelers hê wat die gasheerland kan trots maak tydens die wêreld se grootste sokkerskouspel nie.

Bafana het ’n droewige jaar beleef waartydens hulle tot die 86ste plek op die wêreldranglys – hul swakste in bykans 16 jaar – teruggesak het. Die vooruitsig dat Suid-Afrika die eerste Wêreldbeker-gasheer gaan word wat in die eerste ronde sneuwel, hang nou meer as ooit soos ’n swaard oor Bafana se koppe.

Dis haas ondenkbaar dat die span wat onlangs hulpeloos rondgetrippel het teen Ysland, ’n kat se kans in sy groepwedstryde teen Mexiko, Uruguay of Frankryk het. Al drie tel onder die top 20 op die wêreldranglys met die Franse so hoog soos sewende. Ysland was bykans nie eens onder die voorste 100 spanne toe hulle Suid-Afrika in Oktober met 1-0 in Reykjavik verneder het nie.

Suid-Afrika se afrigter, Carlos Parreira, glo dat Bafana vir die tweede ronde sal kwalifiseer as hulle die peil kan herwin waarmee hulle so amper die bronsmedalje voor Spanje se neus weggeraap het tydens die Konfederasiebeker-toernooi vroeër vanjaar.

Ja, Bafana hét sy ondersteuners trots gemaak tydens dié toernooi, maar almal weer daarna die josie in gehad deur een skande ná die ander te maak.

Bafana gaan bars om die peil te herwin waarmee hulle die magtige Brasiliane 87 minute lank in toom gehou het in Junie. Veral omdat Bafana nie vir die Afrikanasiebeker-toernooi in Januarie kon kwalifiseer nie en daar nog nie een internasionale wedstryd voor die Wêreldbeker-toernooi geskeduleer is nie.

Parreira glo dat hy die span sal kan slyp tydens vier oefenkampe in die aanloop tot Junie. Dis in Januarie in Suid-Afrika, Maart in Brasilië, April in Duitsland en in Mei weer in Suid-Afrika.

Bafana het drie van hul sterre tydens die Konfederasiebeker-toernooi – die middelveldspeler Steven Pienaar, die verdediger Matthew Booth en die doelwagter Itumeleng Khune – kwaai gemis in die tweede helfte van die jaar. Hulle het omtrent al die wedstryde ná die toernooi weens beserings misgeloop.

As dié drie weer op hul pos is en die doelskieter Benni McCarthy op sy stukke is, kan Bafana dalk met ’n fanatiese skare bankvas agter hulle die onmoontlike vermag en twee groepwedstryde in 2010 wen.

Een sege en een gelykop-uitslag kan ook oorlewing verseker, maar vier punte is geen waarborg op ’n plek in die tweede ronde nie. Dít was die bitter pil wat hulle in 2002 moes sluk ná ’n sege oor Slowenië en ’n gelykop-uitslag teen Paraguay.

- Rapport

 

Lees meer oor: 2010  |  bafana bafana

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY96
1999
R 59,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.