2010

Bafana móét vandag wen

2010-06-16 07:27
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos en Retha Grobbelaar

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse sokkerspan wil Woensdag geskiedenis maak wanneer hy Uruguay in ’n buig-of-bars-wedstryd op Jeugdag op Loftus Versfeld in Pretoria pak.

Aaron Mokoena, Bafana Bafana se kaptein, het Dinsdag gesê dié wedstryd beloof om “selfs meer emosioneel te wees” as die openingskragmeting Vrydag teen Mexiko omdat dit die 34ste herdenking is van die Soweto-onluste in 1976.

Bafana móét dié wedstryd wen om sy aanspraak op ’n plek in die tweede ronde van WB 2010 lewend te hou, nadat hy sy eerste kragmeting teen Mexiko met 1-1 gelyk geëindig het.

Wen die tuisspan dié wedstryd, is hy byna verseker van ’n buiging in die tweede ronde – iets wat hy in twee vorige probeerslae nie kon regkry nie.

Verloor Mokoena-hulle, móét hulle oortuigend afreken met die sterbelaaide Frankryk, waarteen Bafana Dinsdag in Bloemfontein speel.

“Ons almal is deeglik bewus wat dié dag vir Suid-Afrikaners beteken en veral vir die jeug,” het Mokoena gesê.

“Daarom sal dit selfs nóg meer spesiaal wees as ons kan wen en om meer as net een rede kan feesvier.”

Mokoena het ook Bafana-aanhangers gevra om hul vuvuzelas “ekstra hard te blaas” wanneer dié wedstryd om 20:30 afskop.

“Ons wil aanhou om die vuvuzelas te hoor. Veral more (vandag) gaan ons dit besonder nodig hê,” het Mokoena gesê.

Pretoria is ’n gelukkige jagveld vir Bafana. Die span het nog nooit ’n wedstryd in die Jakarandastad verloor nie.

Boonop gaan die Springbokke daar wees om hul sokker-eweknieë te ondersteun.

Hul afrigter, Peter de Villiers, het die Bokke se afdag – wat môre sou wees – met ’n dag vervroeg sodat hulle vandag tyd met hul geliefdes kan deurbring.

Vroegaand woon hulle ’n spanbou-ete by, voordat hulle na Loftus vertrek om die sokker te kyk.

Siphiwe Tshabalala, wat Suid-Afrika se spogdoel teen Mexiko aangeteken het, het gister belowe dié span sal vanaand nóg beter vertoon.

“Ek kon steeds nie gewoond raak aan al die bohaai sedert daardie doel nie,” het hy gesê.

“Ek is nie ’n held nie; die hele span moet goed speel vir ons om te wen.

“Ons is almal oorgehaal om Uruguay reg van die begin af aan te val en die land nóg trotser op ons te maak.”

As Bafana nie deurgaan na die tweede ronde nie, sal hy die eerste gasheerspan wees wat in die eerste ronde van ’n Wêreldbeker-toernooi uitval.

Bafana sal egter moet uithaal en wys as hy Uruguay, wat een plek hoër as Mexiko op die rang­lys is, wil klop.

- Sport24
 

Lees meer oor: 2010  |  sport  |  bafana bafana  |  sokker

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.