Bafana gaan 5 veranderinge aanbring
2010-06-21 16:58
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Bloemfontein - Bafana Bafana se breier, Carlos Alberto Parreira, beplan om sy sokkerspan bietjie reg te ruk voor hul laaste Groep A-wedstryd teen Frankyk.
Dié belangrike stryd vind Dinsdag in Bloemfontein plaas.
Indien Parreira se skuiwe nie werk nie, staan hy 'n sterk kans om die eerste afrigter ooit te word wat 'n tuisland nie uit die eerste ronde van 'n Wêreldbeker-sokkertoernooi kan lei nie.
"Ons hoop om nie uit te val nie, maar daar is 'n eerste keer vir alles. Dit sal teleurstellend wees om ons veldtog na die Frankryk-wedstryd te eindig, maar ek wil hê ons moet oortuigend wen - iets wat ek glo ons verdien," het die afrigter Maandag uitgelaat.
Parreira wou egter nie sê watter spelers na die bank geskuif gaan word nie, maar Moeneeb Josephs is verseker van sy plek as doelwagter nadat Itumeleng Khune 'n rooikaart in die nederlaag teen Uruguay gekry het.
Volg Nuus24 op Twitter. Kliek hier.