6 beseer ná stormloop by WB-party
2010-06-11 01:50
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Kaapstad - Ses mense is beseer ná 'n stormloop by die Wêreldbeker openbare kykpunt in Kaapstad toe duisende aanhangers by die partytjie wou aansluit, het 'n woordvoerder van die stad Kaapstad gesê.
"Mense is angstig om in te kom. Gelukkig was dit 'n beheerbare voorval en dit was baie gou weer kalm," het Pieter Cronjé gesê.
Al die beseerdes is Suid-Afrikaners.
Beamptes het later mense verhoed om in te gaan by die Parade.
Onder die beseerdes is twee vroue en 'n polisieman.
Die vroue het albei 'n enkel gebreek en die polisieman se been is gebreek.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA