2010

500 miljoen kyk afsluiting van WB 2010

2010-07-11 11:49
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Meer as 500 miljoen mense wêreldwyd gaan vanaand op televisie na die afsluitingsplegtigheid van WB 2010 by Soccer City in Johannesburg kyk.

Die halfuur lange geleentheid, wat beloof om ’n kleurryke skouspel te wees met 780 sangers en dansers, spesiale effekte en ligvertonings, word na 215 lande gebeeldsend.

Dit begin om 18:30 – twee uur voor die groot einstryd tussen Nederland en Spanje.

Die WB-eindstryd elke vier jaar is die enkele geleentheid wat die meeste kykers lok.

Soos die openingsplegtigheid sal die vertoning ’n sterk Afrika-gevoel weergee met kunstenaars soos die Afrikaanse sangeres Nianell, asook die Grammy-wenner Ladysmith Black Mambazo, Jozi, Stoan Seate, Slikour, Zuluboy, Abigail Kubeka en die tradisionele groep Ihashi Elimhlophe.

Nigerië se 2Face en Samini van Ghana tree ook op.

Maar dit sal die popster Shakira en die Suid-Afrikaanse groep Freshlyground wees wat die skare op hul voete gaan hê met die amptelike WB 2010-lied, Waka Waka (This Time for Africa).

Dié lied is die no. 1-lied in 15 lande en was in Junie die mees gekykte video op YouTube met meer as 70 miljoen kykers.

Mnr. Derek Carstens, bemarkingsbeampte van die reëlingskomitee, sê die openingsplegtigheid was ietwat meer tradisioneel om Afrika se herkoms gestand te doen. Die afsluitingsplegtigheid gaan egter ’n groot, “jeugdige” partytjie wees.

“Afrika se eerste Wêrelbeker-sokkerreeks het die vasteland se unieke en kleurryke gees en warmte uitgedra en vanaand se plegtigheid sal dié gees weergee.

“Die skouspel gaan ’n lofsang wees vir die besonderse sokker wat gedurende die toernooi gespeel is, asook vir ondersteuners en hul ondervindings.

“Dit sal mense herinner aan wat Suid-Afrika die wêreld die afgelope maand gebied het en sal ondersteuners aanmoedig om ons land hierna in groot getalle te besoek,” sê Carstens.

Fifa het ondersteuners gister gewaarsku om van openbare vervoer gebruik te maak en reeds van 14:30 af na Soccer City te gaan, waar mense teen 18:00 reeds hul sitplekke moet inneem.

Ondersteunersparke sal ook van 14:00 af oop wees.

Die eindstryd tussen Nederland en Spanje begin om 20:30.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: 2010  |  televisie

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.