Ruimtevaarders reg vir 5de tog
2009-07-27 11:54
Cape Canaveral, Florida- Ruimtevaarders Christopher Cassidy en Thomas Marshburn sal Maandag die Endeavour-span se vyfde en laaste tog in die buitenste ruim aandurf om die laaste herstellings aan die Japannese ruimte-laboratorium aan te gaan.
Dié twee sal herstelwerk aan ‘n paar kragkabel-koppelpunte doen, die insulasie van ‘n klein robot-arm reg maak en televisiekameras aan die nuwe stoep van die Japannese laboratorium installeer.
“Almal sal baie noukeurig wees want in my boek is die laaste tog altyd die een waarvoor jy die meeste versigtig moet wees”, het kommandeur Mark Polansky gesê.
Die Endeavour sal Dinsdag hulle besoek aan die internasionale ruimtestasie beëindig en terugkeer aarde toe.
- SAPA