Djakarta – 3de bom het misluk

2009-07-24 10:13
Tweets Share Share line Print

Djakarta, Indonesië – ‘n Derde ploftoestel wat tydens ‘n aanval op twee hotelle gebruik sou word, was gestel om af te gaan vóór selfmoord-bomaanvallers hulself daar opgeblaas het.

Die toestel, wat op die 18de vloer van die J.W. Marriot-hotel gevind is, het nie afgegaan nie.

Indien die bom wel ontplof het, sou dit mense waarskynlik na die grondvloer van die hotel gedryf het, waar selfmoordbomaanvallers oomblikke later twee bomme laat ontplof het.

Die tydsberekening van die derde ploftoestel dui op soortgelyke taktieke as wat in vroeëre aanvalle in Indonesië gebruik is, het Ketut Untung Yoga van Indonesië se polisie gesê.

Die bomontploffings in Djakarta het 9 lewens geëis en rondom 50 mense beseer.

Die terroriste-aanvalle het plaasgevind in twee van  Indonesië se luukste hotelle, die Ritz-Carlton en die J.W. Marriot.

Ten minste 14 buitelanders is in die aanvalle oorlede of beseer.

Indonesië is die wêreld se grootste Moslem-nasie. Die aanvalle eindig ‘n vierjaarlange stilte in terroriste-aanvalle in die Suidoos-Asiese land.

Indonesië se minister van sekuriteit, Widodo Adi Sucipto, het aan verslaggewers gesê kragtige plofstowwe is in die aanvalle gebruik.

Niemand het onmiddelik verantwoordelikheid vir die bomontploffings aanvaar nie.

‘n Kenner op die gebied van terrorisme, Rohan Gunaratna, het egter gesê daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat die aanvalle die werk was van Djemaa Islamija. Dié terroristegroep is verbonde aan al-Qaida.

“Hierdie aanvalle verpletter die vreedsame situasie wat ons totdusver geniet het,” het Sucipto gesê.

Die laaste terroriste-aanval in Indonesë het vier jaar gelede plaasgevind to ‘n driedubbele selfmoordbomaanval op die toeriste-eiland Bali 20 lewens geëis het.

In 2002 het bomme in twee nagklubs op Bali, met ’n oorwegend Hindoe-bevolking, ontplof. Lede van die Djemaa Islamija-netwerk is skuldig bevind aan dié aanvalle waarin 202 mense dood is, onder wie 88 Australiërs, berig Reuters.

Twee jaar later het ’n bom in die Australiese ambassade in Djakarta ontplof.

Geen Suid-Afrikaners is tot dusver aangemeld as dood of beseer in die ontploffings nie.

- AP

Lees meer oor: djakarta  |  bomaanvalle

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced
2006
R 179,900.00

BMW

118i (E87)
2007
R 205,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.