Bruce Lee terug op silwerdoek
2009-07-21 14:34
Hongkong- Die oorlede kung Fu-ikoon Bruce Lee se ouer suster en jonger broer het ‘n Chinese maatskappy goedkeuring gegee om ‘n reeks biografiese-films oor hom te vervaardig.
Volgens Phoebe Lee en Robert Lee wil hulle graag ‘n feitlike en histories akkurate opname van hulle broer se lewe uitreik. “Daar is baie boeke en films oor Bruce Lee, maar baie van hulle het onwaarhede in", het Robert Lee gesê.
Maandag 20 Junie 2009 was die 36 jaar herdenking van Lee se dood. Hy is op die ouderdom van 32 in Hongkong vanweë swelling op die brein, oorlede.
Manfred Wong, wat die films sal versaardig, sê die maatskappy beplan om ‘n drie-delige reeks uit te bring, die eerste daarvan sal rondom Lee se tienerjare afspeel.
Volgens Wong sal die films op Lee se persoonlikheid fokus. "Daar sal kung fu in die film wees, maar ons wil die regte Lee uitbeeld. Ons wil wys wie hy was”, het Wong gesê.
Lee het ‘n bron van Chinese-trots geword vir sy rolvertolking in films soos Return of the Dragon.
Dit is nog nie bekend wie die rol van Lee in die biografiese films oor sy lewe sal vertolk nie.
-AP
- AP